Bring jou geliefde vir n piekniek

Ons pragtige plaas is net 8km buite Stilbaai op die Goukou rivier

Bring jou liefling vir n romantiese piekniek langs die rivier of kom as 'n groep pelle vir n lekker ervaring langs die oewer. Elke groepie kry hulle eie privaat tentjie opgemaak met liggies en 'n matrass met kussings binne, wat uitkyk oor die stil Goukou rivier. 'n Kombersie word ook voorsien indien julle liewer buite wil sit. In die aand kan 'n vuurtjie gereel word of as die braai opsie gekies word, is die vuurtjie gratis. 

Om die ervaring nog meer spesiaal te maak kan jy 'n kanoo bespreek of selfs 'n rit op ons motorboot. Vir groepies vriende is 'n "murder mystery" speletjie ook 'n lekker pret opsie. 

Piekniek opsies

Kies jou tiepe piekniek

Kaas, broodjie en vrugte bord

Choc mousse glassies

+ Gratis vonkelwyn

Bring eie drankies

R550 per persoon

Skaap choppies

Wors

Hoender vlerkies

Braai broodjies

Slaai

"Smores" vir nagereg

+ Gratis bottle wyn

Bring eie drankies

R350 per persoon

Hoender strippies

Cocktail worsies

Tortilla cones met hoender

Samoosa happies

Slaai / Groente happies

Vars brood en botter

Waffle happies, vrugte en choc sous vir nagereg

+ Gratis bottle wyn

Bring eie drankies

R350 per persoon

Braai piekniek vir aandete

Ontbyt pakkie wat jy self gaar maak op 'n gas stofie

+ Gratis bottle wyn

Bring eie drankies

R1100 per persoon

Ons het verskeie tye beskikbaar

Huur ons motorboot

Max 4 mense

Huur ons motorboot met 'n gelensierde "skipper" .

'n Motorbootervaring tot by die "Oog" is iets om te beleef op die Goukourivier . Die rit is omtrent 15km lank en neem omtrent 'n uur. Daar is dele wat vinniger gery word en dele wat stadiger gery word.

  • Lewensredder baadjies word voorsien.
  • Geen alcohol word toegelaat, koeldranke is welkom
  • Bring 'n baadjie, dit kan bietjie koud raak selfs as dit warm is buite.
  • Dra plakkies of skoene wat kan nat word
  • 1-4 mense
  • Geen kinders onder 12
R1500

Ekstras beskikbaar

Maak jou piekniek ekstra spesiaal

Murder mystery speletjie

R350

Ons steek die vuurtjie vir jou aan en verskaf extra hout.

(Gratis saam met braai piekniek)

R150

Neem n kano rit op die rivier saam met ons gids

R250 per persoon

Huur ons boot met 'n skipper vir 2 tot 4 mense

R1500 per boot rit

Bespreek nou!!!

Na jou datum en tyd bespreek is, maak asseblief seker al jou opsies is in jou pakket gelaai en betaling is gemaak.

Jy sal binne 24 uur 'n Whatsapp ontvang met verder relings.

Ons sien uit na julle kuiertjie!!!

>